Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

ʼn Groot gedeelte van bestuurders se uitset hang af van andere se terugvoer. Om statusbywerkings te vra of ʼn teenstander tydens onderhandelings te ondervra, is maar twee sulke voorbeelde. En tog het nog maar min bestuurders die vaardigheid ontwikkel om vrae te vra wat saak maak – op ʼn wyse wat saak maak.

Anders as vakkundiges soos litigante, joernaliste en dokters, wat as ʼn essensiële deel van hul opleiding geleer word hoe om vrae te vra, dink min bestuurders aan vrae vra as ʼn vaardigheid wat geslyp kan word, sê professore Alison Brooks en Leslie K John van die Harvard Sakeskool.

In ʼn artikel op Harvard Business Review sê die navorsingsduo dat die vra van vrae ʼn uniek kragtige middel is om waarde in organisasies te ontsluit. Dit spoor leer en die uitruil van idees aan, versnel innovering en prestasieverbetering, en ontwikkel rapport en vertroue onder spanlede.

Die regte vrae kan selfs sakerisiko versag deur onvoorsiene slaggate en gevare bloot te lê. Om baie vrae te vra, ontsluit ook leer en verbeter interpersoonlike bandvorming.

Hoekom lyk dit dan asof leiers aan die bekende ou vrae vaskleef of glad nie vrae vra nie?

Brooks en John sê daar is baie redes. Mense is dalk egosentries en wil graag met hul eie stories indruk maak. Hulle kan apaties wees en nie genoeg omgee om te vra nie – of hulle verwag om verveel te word deur die antwoord. Hulle is dalk oorgerus met wat hulle weet, of miskien is hulle bang om die verkeerde vraag te vra en as onbeskof of onbevoeg beskou te word.

Navorsing wys dat mense gesprekke het om twee hoofdoele te bereik: uitruil van inligting (leer) en indrukbestuur (hou van). Onlangse navorsing toon dat om vrae te vra, albei bereik.

Een studie wat spoedafspraakmakers as onderwerpe gebruik het, het getoon dat mense meer gewillig was vir ʼn tweede afspraak met metgeselle wat meer vrae gevra het.

Vrae is sulke kragtige middels dat hulle voordelig kan wees – miskien veral dit – in omstandighede waar vrae vra nie teen die sosiale norme is nie.

Die algemene gebruik sê byvoorbeeld dat van werkkandidate verwag word om vrae te beantwoord tydens onderhoude. Maar navorsing deur Dan Cable by die Londense Sakeskool  en Virginia Kay van die Universiteit van Noord-Carolina suggereer dat die meeste mense hulself uitermate aanprys tydens werkonderhoude.

As kandidate daarop fokus om hulself te verkoop, sal hulle waarskynlik vergeet om vrae te vra oor die onderhoudvoerder, die organisasie en die werk. Navorsing toon egter dat wanneer kandidate indringende vrae vra, die onderhoudvoerder meer betrokke voel en meer geneigd sal wees om die kandidaat goedgesind te wees.

Vir werkaansoekers om vrae te vra soos “Wat vra ek nie wat ek behoort te vra?”, kan dit dui op bekwaamheid en die bou van rapport, en kan sleutelstukke inligting oor die pos ontsluit.

 

Bronne

Harvard Business Review: https://hbr.org/2018/05/the-surprising-power-of-questions

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog