Volgens Artikels

Deur Marli Naidoo

Al hoe meer werkaansoeke word aanlyn gedoen. Dit is minder persoonlik, en jy word aanvaar of weggewys vir ʼn onderhoud voordat die werkgewer jou nog gesien het of ʼn woord met jou gepraat het. Dit is dus belangrik dat jy verstaan wat van jou verwag word, en jy jouself professioneel deur jou CV en ander dokumente bemark.

Die meeste werksverskaffers sal vir jou CV of resumé vra. Hierdie is gewoonlik die eerste dokument waarna die werkgewer gaan kyk. Jy kan verniet ʼn voorbeeld van ʼn CV  op jou foon of rekenaar aflaai, wat jou sal help om ʼn professionele CV op te stel. Die verskil tussen ʼn CV en resumé is dat CV’s om vaardighede en bevoegdhede draai, en dus tipies in professionele omgewings gebruik word, waar resumés die klem op getuigskrifte en opvoedkundige prestasies plaas, en dus meer algemeen in die akademie vereis word is.

Wanneer die adverteerder van die posisie vra dat jy ʼn dekbrief aanheg, beteken dit dat hulle graag wil uitvind hoekom jy vir hierdie spesifieke posisie by hierdie spesifieke instansie aansoek wil doen. Jou dekbrief is ekstra belangrik wanneer jy oor beperkte ondervinding beskik. Hou jou dekbrief korter as een bladsy. Die eerste gedeelte moet jou kontak-inligting bevat. Hierna sal jy noem hoe jy van die posisie uitgevind het, en hoekom jy dink dat jy perfek daarvoor is. Voorsien spesifieke voorbeelde om jou ondervinding en vaardighede te verduidelik. Die laaste stap is om die werkgewer te bedank omdat hy jou aansoek oorweeg.

Indien jy vir ʼn kreatiewe posisie aansoek doen, sal jy moontlik jou portefeulje moet deurstuur. Dit bevat voorbeelde van jou vorige projekte of ontwerpe. Jy sal maklik ʼn voorbeeld van ʼn aansoek kan aflaai wat jou kan help om ʼn professionele portefeulje op te stel.

Sommige werkgewers sal vra dat jy ʼn aanbevelingsbrief aanheg. ‘n Aanbevelingsbrief is ‘n verwysingsbrief wat geskryf is deur een van jou werkverwysings, gewoonlik ‘n persoon met betroubare sosiale status.

Wees vol selfvertroue maar nie arrogant nie wanneer jy jou dokumente voorberei. Jou dokumente moet die werkgewer oortuig om jou ʼn onderhoud met jou te reël. Hy moet voel dat hy jou baie graag wil ontmoet, en as deel van sy span wil hê.

 

Bronne:

CV Simply: https://www.cvsimply.com/blog/supporting-documents-in-job-applications

The Balance Careers: https://www.thebalancecareers.com/documents-you-may-need-to-submit-with-a-job-application-2062110

Novo Resume: https://novoresume.com/career-blog/how-to-write-a-cover-letter-guide#:~:text=A%20cover%20letter%20is%20a%20one%2Dpage%20document%20that%20you,250%20to%20400%20words%20long

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog