Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Mense hou nie van wanorde nie. En tog het navorsing bewys dat ontwrigtende, stresvolle ondervindings dikwels groeigeleenthede is. Hoewel die Covid-19-krisis ʼn verskeidenheid nuwe uitdagings meegebring het, skep dit ook nuwe geleenthede vir leiers om ʼn groei-ingesteldheid te ontwikkel.

Hierdie groei-ingesteldheid kan ons  – en ons spanne – tydens ʼn krisis goed te pas kom, sê Susan Ashford, professor is bestuurskunde.

“As spanne gedwing word om nuwe uitdagings te aanvaar, nuwe onsekerhede die hoof te bied en van die foute van die Covid-era te herstel, begin hulle te internaliseer dat sowel hul eie vermoëns as dié van hul porture nie vasgestel is nie maar ontwikkel kan word,” verduidelik Ashford.

Bestuurders kan só ʼn groei-ingesteldheid by hulself en hul spanne aanwakker tydens die Covid-19-pandemie:

  1. Aanpassing van verwagtinge en herbesinning oor gevestigde gebruike

Die Covid-19-krisis is ʼn bedekte seën. Een van hulle is die herbeskouing van gevestigde gebruike en die verbetering van dié wat nie werk nie. Die skuif na afstandswerk, byvoorbeeld, is ʼn perfekte regverdiging vir herbesinning oor jou span se verwagtinge rakende die gee en ontvang van konstruktiewe terugvoer. Daarbenewens is aanlyn werk heelwat minder vergewensgesind as dit by koördinasie- en leierskapfalings kom en dit is dus ʼn uitstekende geleentheid om andere as dit by die implementering van onmiddellike koersregstellings kom. Dit kan insluit dat vergaderings begin deur mee te deel wat jy weet en spanlede uit te nooi om hulle kennis, bekommernisse en vrae te deel. ʼn Leier wat deursigtigheid en openhartigheid aan die dag lê, stel die toon vir dieselfde soort gedrag deur die res van die groep.

  1. Ervaar jou kollegas in ʼn heel nuwe lig

Afstandswerk maak dat ons ons kollegas op ʼn heel ander manier leer ken. Ons het toegang tot hul huise, hul kinders, hul troeteldiere. Om jou spanmaats as gades en ouers te sien, kan gevoelens van empatie en kameraderie wakker maak wat jy nog nie voorheen ervaar het nie. Die ander kant van die saak is dat mense gemaklik raak daarmee om elemente van hul persoonlike lewe te deel. Daar is studies wat voorgee dat om minder besorgd oor sosiale evaluering en verleentheid te wees eksperimentering en kreatiwiteit aanwakker, wat albei sleutels tot groei is. Hierbenewens toon ander navorsing dat die uitlewing van persoonlike identiteit by die werk werknemerkreatiwiteit ʼn hupstoot gee.

  1. Betrek die hele span

Leiers kan hul rol van instrukteurs in dié van fasiliteerders verander deur die kultuur van weet alles in een van leer alles te omskep. Deel maandelikse video’s waarin julle hersien wat julle geleer het en spoor groepe deur die hele maatskappy aan om hulle sʼn te bespreek. Of wy deel van ʼn gewone spanvergadering daaraan om spanlede se voorstelle en idees te bespreek. In ʼn onlangse studie het leiers elke twee weke hul spanlede gevra: “Wat het julle gedoen sedert ons laas gepraat het en wat het julle daaruit geleer?” Omdat hulle geweet het dat hulle gevra sou word, het hulle redelik gou meer aandag aan hulle groei begin gee en hulle was verstom oor hoeveel hulle geleer het. In hierdie lig beskou, is dit ʼn goeie idee om vordering, lesse wat geleer is en herstel ná foute informeel te beloon soos jy met tradisionele toppresteerders sou maak.

Terwyl die Covid-19-krisis ʼn reeks nuwe uitdagings skep, bied dit ook nuwe geleenthede aan leiers om ʼn uitgebreide groei-ingesteldheid in hul besigheidsafdelings aan te wakker. ʼn Groei-ingesteldheid kan spanne help om beter te koördineer, innoveer en baas van hul toekoms te wees, wat dit moontlik maak om nie alleen die krisis te oorleef nie maar ook sterker aan die ander kant uit te kom.

 

Bronne

Harvard Business Review: https://hbr.org/2020/08/5-ways-a-crisis-can-help-you-cultivate-a-growth-mindset

The Journal of Applied Behavioural Science: https://journals.sagepub.com/doi/abs/10.1177/0021886307313824?casa_token=Kjb5rBZ2DmIAAAAA%3APSb3xapioNnQbx6usoc8SSH_pjJ1D1JSZNAxefeQzryQdxBoO0wv1OxpqTm0y8HV3QDgN5CLBec_&journalCode=jaba

Boston University School of Business: https://questromfeld.bu.edu/blog/2020/08/21/6-ways-a-crisis-can-help-you-cultivate-a-growth-mindset-harvard-business-review/

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog