Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

In vandag se wêreld van werk is werkgewers op soek na vaardighede wat verder strek as kwalifikasies en ondervinding.

Organisasies is gewoonlik bereid om werknemers in werkspesifieke vaardighede op te lei, byvoorbeeld hoe om bepaalde masjinerie te gebruik of hoe om doelspesifieke sagteware te gebruik wat vir ʼn bepaalde taak nodig is. ʼn Werkgewer verwag egter gewoonlik dat werknemers oor sagte vaardighede moet beskik voordat hulle aangestel word, aangesien dit baie moeiliker is om iemand hierdie vaardighede te leer.

Volgens skillsyouneed.com is sagte vaardighede die vaardighede wat jou indiensneembaar maak. Ongeag watter werk jy doen of in watter bedryf jy werk, jy sal op een of ander vlak met ander mense interaksie hê, sê Lyndy van den Barselaar, besturende direkteur van ManpowerGroup South Africa.

“Daar sal ook van jou verwag word om elke dag ʼn bepaalde hoeveelheid werk te doen of sekere uitsette te lewer. Dit geld netsoveel vir ʼn konstruksiewerker as vir ʼn uitvoerende hoof.”

HR Future gee advies oor hoe om sagte vaardighede te ontwikkel om jou indiensneembaarheid te verhoog en die vereiste produktiwiteit te kan lewer.

Interpersoonlike vaardighede en kommunikasie

Suid-Afrika is ʼn land met 11 amptelike tale, wat beteken dat selfs klein maatskappye werknemers met heelwat verskillende huistale kan hê. Dit kan kommunikasie in die werkplek uitdagend maak, selfs (en veral) wanneer een taal as die amptelike taal vir die werkplek gekies word. Hier is ʼn paar kursusse wat jou kan help om ʼn doeltreffender kommunikeerder in ons uiteenlopende land te wees.

Tydsbestuur en produktiwiteit

Tydbestuur is ʼn uiters belangrike vaardighede wat nodig is in ʼn onderneming. Tog sukkel soveel van ons om dit reg te kry. Hier is ʼn paar kursusse oor tydsbestuur wat jou sal help om dit uit die staanspoor reg te kry:

  • Performing under pressure (PowerYou): Leer om kalm te bly ongeag die druk waaronder jy verkeer.
  • Ultimate time management (Alison): Hierdie kursus bied unieke, omvattende tydsbestuurstrategieë wat gepas is vir vandag se sakewêreld.
  • Time management mastery: Doen meer, stres minder (Udemy): Hierdie kursus bied heelparty hulpbronne om jou te help om tydsbestuur te bemeester.

Selfassessering

Indien jy onseker is oor jou interpersoonlike vaardigheidsprofiel of oor die areas waarop jy moet fokus, kan jy dit nuttig vind om hierdie selfassessering oor interpersoonlike vaardighede te voltooi om uit te vind op watter gebiede verdere ontwikkeling nodig is.

https://www.skillsyouneed.com/quiz/343479

 

Bronne:

HR Future: https://www.hrfuture.net/strategy/carreer-paths/first-time-jobseekers-make-sure-you-have-the-necessary-soft-skills-that-are-vital-for-your-employability/

Skillsyouneed.com: https://www.skillsyouneed.com/general/employability-skills.html

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog