Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Volgens die Mbalo Brief deur Stats SA word die meeste Suid-Afrikaanse kinders in enkelouergesinne groot.

Ongelukkig erken baie maatskappye in korporatiewe Suid-Afrika nie die werklikhede wat enkelouers in die gesig staar nie. Bestuurders wat nie verstaan (of empatiseer) nie stel dikwels eise wat enkel- werkende ouers nie kan nakom nie. Die werk begin ʼn tol van hul emosionele en fisiese welstand eis, benadeel hul loopbane, en lei uiteindelik na uitbranding.

Hier is ʼn paar dinge wat maatskappye kan prioritiseer om enkeloueruitbranding te hanteer:

  • Hulp met kindersorg

Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê dat werkende ouers probleme ondervind met kindersorg wat bekostigbaar en gerieflik ten opsigte van besigheidsure en ligging is, en van ʼn gehalte wat hulle sal verseker dat daar goed na die kind gekyk word. Sommige maatskappye verkies crèche’e en kindersorgfasiliteite op die perseel, naskoolsorgsentrums en vakansieklubs by die ouers se werkplek. Ander werkgewers skakel met fasiliteite in die gemeenskap en onderhandel ʼn afslag vir werknemers of verleen ondersteuning om die gehalte van kindersorg in die gemeenskap te verbeter. Covid-19 het aan die wêreld gewys dat kindersorg nie opsioneel is nie en dat besigheid ʼn lewensbelangrike rol in die ontwikkeling van ondersteunende werkplekbeleide en -praktyke speel.

  • Skep geleenthede vir grense, pouses en rus

Instede daarvan om met ʼn stokperdjie te begin of te mediteer, toon navorsing dat enkelouers bloot meer werk, wat hulle op die pad van uitranding plaas. Organisasies kan jaarlikse verlof en gesinsverantwoordelikheidsbeleide beklemtoon om hierdie kwessie aan te spreek en seker te maak dat werknemers tyd weg van die werk het. Werkgewers kan ook hou by riglyne wat werknemers toelaat om te diskonnekteer en vir sekere dele van die dag en oor naweke hulle los te maak van alle vorme van werk. Bestuurders kan ook demonstreer hoe hulle hulself versorg deur etenstye te neem, te gaan stap of tyd saam met familie deur te bring – en vir die res van die span te sê hulle sal nie gedurende daardie tye beskikbaar wees nie.

  • Moenie aannames maak nie – vra!

Om te vra na die geleenthede wat enkelouers in hul rol of loopbaan wil hê, kan tot meer eerlike gesprekke lei, sê Marika Lindholm, stigter van ESME, ʼn aanlyn gemeenskap vir solomoeders. Bestuurders moenie aanvaar dat enkelouers nie gevorderde opdragte wil hê of reis net omdat hulle enkelouers is nie. Vra hulle reguit. Skep geleenthede vir enkelouers om hulle uitdagings te deel en vir bestuurders om openlik te praat oor oplossings wat hulle kan help.

Maatskappye moet erken dat enkelouers bestaan en dat om enkelouers uit te sluit beteken dat die besigheid onvermydelik goed gekwalifiseerde presteerders sal uitsluit. Moenie aanneem dat alle ouers in pare kom nie. Wanneer organisasies veronderstel dat alle werknemers ʼn ondersteuningstelsel het, stel hulle eise wat enkelouers in alle rigtings trek. Om verantwoordelikhede by die huis en met hul kinders te balanseer terwyl hulle aan werkverpligtinge aandag gee, sal op die ou end sy tol van hul emosionele en fisiese welstand eis.

 

Bronne

iol: https://www.ilo.org/wcmsp5/groups/public/—ed_protect/—protrav/—travail/documents/event/wcms_145935.pdf

Harvard Business Review: https://hbr.org/2021/06/how-companies-can-support-single-parents

 

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog