Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Hele nywerhede en besighede sal in die volgstroom van Generasie Z opkom en val. En, volgens Deloitte se verslag oor die onderwerp, lyk dit asof net ʼn klein klompie maatskappye reg is vir hulle.

Generasie Z sal binnekort die millenniërs as die grootste generasie wêreldwyd verbysteek, met meer as eenderde van die wêreldbevolking wat hulself as Generasie Z-ers beskou.

Generasie Z is tussen 1995 en 2012 gebore en is op pad om die mees diverse generasie in die geskiedenis te word. Generasie Z maak sy aanwesigheid op ʼn opvallende wyse voelbaar in die werkplek – en dit is noodsaaklik om die verskille wat hulle anders maak te verstaan.

Watter tipes gedrag vertoon hulle? En watter soort impak sal hulle hê op die werkplek, besigheid en die ekonomie? Deskundige adviseurs het vir ons ʼn aantal aanwysers gegee:

  1. Werk-lewebalans is belangriker as salaris

Hoewel salaris die beslissende faktor sou kon wees as daar oor ʼn pos besluit moet word, heg Generasie Z minder waarde aan salaris as elke ander generasie, sê Deloitte. Vir die Generasie Z-werkmag is werk-lewebalans opmerklik minder belangrik as salaris. Navorsing toon dat 38% van die Generasie Z-ers die werk-lewebalans as die nommer 1-faktor beskou as op ʼn werkgewer besluit moet word.

  1. Hulle wil ʼn duidelike doel en deursigtigheid hê

Die meeste Generasie Z-ers is skepties en sinies, sê Rea Regan, bemarkingkommunikasiebestuurder by Connecteam. Hulle het as digitale inboorlinge grootgeword en het so lank as hulle kan onthou toegang tot ongesensorde inligting gehad. Tradisionele mediahekwagters het hulle nie teen die wrede werklikhede van die wêreld beskerm nie. En hulle is skepties. Hulle verwag van hul werkgewer om outentiek en deursigtig te wees oor verwagtinge en motiewe. Hulle wil ingelig bly en by besluite ingesluit word. Moenie vir ʼn Generasie Z-er ʼn lys uitsette in die hand stop nie. Leiers het hul inkoop nodig vir sukses. As hulle egter eers ingekoop het, sal hulle die projek voltooi – en dit selfs beter doen as wat verwag is. Dit is nou te sê as die bestuur vir hulle ruimte gee om te eksperimenteer.

  1. Hulle wil toestemming hê om te probeer – en moontlik te misluk

As ʼn projek of ʼn taak nie uitwerk soos dit beplan is nie, word dit gewoonlik as misluk beskou. Die Generasie Z-werkmag koester nie daardie soort ingesteldheid nie. In plaas daarvan beskou hulle mislukking as ʼn geleentheid om te groei. Volgens ʼn onlangse opname dink 80% van Generasie Z-ers dat as aanvaar word dat ʼn projek misluk het, dit hulle sal help om meer innoverend te wees. In dieselfde opname sê 17% dat die aanvaarding van mislukking hulle gemakliker sal laat voel om nuwe risiko’s aan te pak. Deur te verstaan dat Generasie Z-ers in die werkplek minder bang is en smag na geleenthede om te leer en groei, kan leiers ʼn omgewing skep wat hulle sal help gedy.

Generasie Z-ers eis meer verpersoonliking in hoe hulle in hul loopbane vorder. Organisasies het ʼn ander ingesteldheid nodig om die bestes en skerpstes van die generasie te trek en behou. Werkgewers moet gereed wees om ʼn spoed van ontwikkeling aan te neem wat by die eksterne omgewing pas. Dit beteken die ontwikkeling van robuuste opleidings- en leierskapprogramme met ʼn doelwit en ʼn merkbare fokus op diversiteit. Leiers moet die wese van Generasie Z-ers verstaan en ʼn induksieprogram ontwikkel wat hulle wese aanspreek. ʼn Maatskappy moet die toon voorskryf op die eerste dag dat ʼn nuwe werknemer sy voet by die maatskappy se deur insit.

 

Bronne

Deloitte: https://www2.deloitte.com/us/en/pages/consumer-business/articles/understanding-generation-z-in-the-workplace.html

Deloitte: https://www2.deloitte.com/content/dam/Deloitte/us/Documents/consumer-business/welcome-to-gen-z.pdf

Deloitte: https://www2.deloitte.com/content/dam/insights/us/articles/4055_FoW-GenZ-entry-level-work/4055_FoW-GenZ-entry-level-work.pdf

Connectstream: https://connecteam.com/generation-z-in-the-workplace/

Forbes: https://www.forbes.com/sites/forbescoachescouncil/2021/01/27/14-ways-to-prepare-for-how-gen-z-will-impact-the-workforce/?sh=f4e6be22b774

Forbes: https://www.forbes.com/sites/jefffromm/2018/07/03/gen-z-in-the-work-force-how-to-recruit-and-retain-youth-generations/?sh=4473f68b7569

Alida: https://www.alida.com/resources

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog