Volgens Artikels

Junior Bemarker: Afdeling Bemarking

Kloofsig, Centurion

 

Akademia, ‘n inisiatief van die Solidariteit-beweging, is ’n geregistreerde privaat hoër onderwysinstelling. Akademia brei steeds uit en het tans ʼn vakante pos vir ’n junior bemarker beskikbaar. Om te kwalifiseer, word ʼn Baccalaureus of Honneursgraad in ʼn toepaslike dissipline benodig. ’n Kwalifikasie met ʼn sterk bemarkings en/of kommunikasie- onderbou of vorige ervaring sal voorkeur geniet. Kennis van sosiale media en die vaardige gebruik daarvan sal ook in ʼn kandidaat se guns tel.

Daar sal van die junior bemarker verwag word om ’n wye spektrum van bemarkingstake te verrig, wat onder andere skolebemarking vir Akademia en Sol-Tech, hulp met die reël van funksies, hulp met sosiale media veldtogte en verskeie ander aspekte van kommunikasie en die skakelwese insluit.

Indien u in die profiel inpas, stuur asseblief u CV (geen sertifikate nie) aan chris@akademia.ac.za voor of op 26 Januarie 2015.

 

Indien u nie binne 3 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is. Akademia behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

 

Akademia is voorwaardelik tot 31 Desember 2016 as privaat hoëronderwys-instelling by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005.

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog