Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Die intrepreneursekonomie is groot besigheid en baie leiers verkry die hulp van eksterne konsultante. Die waarde en voordeel van werk met konsultante hang af van die bestuurder. Die onus van opdraggewing rus op die persoon wat die aanstelling maak – die resultate sal nie wees wat die bestuurder verwag as die konsultasie nie die regte grondslag het nie.

James Fulton waarsku bestuurders dat, ten einde die meeste uit hul belegging te kry, hulle die slaggat van oorvereenvoudiging van die opdrag en wat dit kos om resultate te skep, moet vermy.

Fulton is die hoofleerbeampte en wêreldhoof van talent by die finansiëledienstefirma Goldman Sachs.

Bestuurders wat nie die kuns ken van met konsultante te werk nie, betaal nie net die prys van ʼn verlore geleentheid nie, maar loop ook die risiko om nie uit te kom by die kwessies wat hulle wil oplos nie.

Fulton beveel drie maniere aan vir bestuurders om die meeste waarde te kry uit hul gebruikmaking van eksterne adviseurs:

  1. Situasie-assessering

Begin deur jouself af te vra watter soort hulp die grootste verskil sal maak. Kategoriseer die sake waarna gekyk moet word. Hierdie stap bepaal die aard van die hulp wat jy nodig het. Jy kan byvoorbeeld deskundige tegniese inset nodig hê om ʼn probleem direk op te los, of jy kan baat by leierskapkonsultasie om te help om jou span se hulpbronne in te span om die probleem op te los. Fulton sê dat uitvoerende beamptes op hierdie stadium twee algemene foute maak. Eerstens kort hulle tyd, nuuskierigheid en selfs die vaardigheid om die onderliggende probleem behoorlik te verstaan en oorvereenvoudig dan probleme. Tweedens maak sommige leiers staat op ʼn klein aantal vertroude adviseurs. Dinge kan skeef loop as die dilemmas herhaaldelik deur die lens van daardie adviseurs se sterktes definieer word.

  1. Onbevooroordeeldheid

Dit klink vanselfsprekend, maar om vir eksterne hulp te vra, is dit nodig om gewillig te wees om gehelp te word. Om ʼn eksterne adviseur te huur net om hom te bly ”korrigeer”, beteken dat jy nie by hul deskundigheid en innoverende denke baat nie. Leiers wat verkies om altyd reg te wees, is diegene wat die opbrengs op hul belegging sal verloor. Dit neem vertroue om te sê “Ek weet nie” of “Ek kan verkeerd wees.  Dié met krag is geneigd tot oormaatselfvertroue, en leiers kan kwesbaar voel wanneer hulle om hulp vra, terwyl dit eintlik ʼn teken van krag of sterkte is om jou beperkinge te ken.

  1. Interpersoonlike bondgenootskappe en die probleem joune te maak

Bestuurders kan nie die probleem wat hulle probeer oplos soos ʼn bal op ʼn basketbalbaan vir ʼn konsultant aangee nie. Bestuurders en adviseurs moet saamwerk en eienaarskap van die probleem deel tot oplossing, en uitkomste dryf. Sowel die konsultant as die bestuurder moet ʼn verantwoordelikheidsingesteldheid aanneem. Die en kant moet nie die ander behandel asof hulle ʼn laer of hoër status het nie.

 

Bron

Harvard Business Review: https://hbr.org/2021/09/so-you-hired-a-consultant-heres-how-to-get-your-moneys-worth

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog