Volgens Artikels

Deur Emsie Martin

Mense raak moeg van kantoorpolitiek, base en lang ure en besluit dan om maar met eerder ʼn eie besigheid te begin, maar om jou eie besigheid te begin sit nie in enigeen se broek nie. Dit verg baie moed, opoffering en deursettingsvermoë.

By diegene wat met hul eie onderneming begin het of dit oorweeg, word dit dikwels gebore uit ʼn passie vir iets, ʼn weldeurdagte besluit of soms selfs toeval! Maar wat ook al die rede, dit is die begin van ’n nuwe hoofstuk wat bepalend kan wees van hoe die res van jou lewe uitdraai. Ja, dit is tegelyk opwindend en vreesaanjaend, terwyl dit aanvanklik finansieel baie druk op ’n mens kan plaas voordat jy die vrugte van jou harde arbeid pluk.

Daar is reeds soveel faktore wat entrepreneurs in gedagte moet hou, soos die saamstel van ʼn sakeplan, marknavorsing, die registrasie van die onderneming en ook wat die belastingimplikasies is – om net ʼn paar te noem. Boonop is dit belangrik om ook oorhoofse koste so laag moontlik te hou.

Tog is die een ding wat die meeste mense ongelukkig nie altyd in gedagte hou nie, die feit dat jy van die intrapslag af besigheidsversekering nodig het. So ʼn versekeringspolis kan jou die nodige gemoedsrus gee om ʼn paar besigheidsslaggate op die pad na sukses te vermy.

Virseker, ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ʼn gelisensieerde nielewensversekeraar en finansiële diensverskaffer, gee die volgende wenke:

Persoonlike korttermynversekering is onvoldoende

Dikwels dink iemand wat ʼn nuwe onderneming sommer uit die motorhuis gaan bedryf dat die standaardkorttermynversekering wat in ʼn persoonlike hoedanigheid uitgeneem is voldoende is. As jy jou woning gebruik om as basis vir jou onderneming te dien, is dit raadsaam om dadelik met jou makelaar of versekeraar in verbinding te tree om seker te maak jy het die regte tipe dekking, want dit kan jou duur te staan kom as jy nie het nie.

Aanspreeklikheid kom klop onverwags aan die deur
Moet ook nie dink omdat dit net jy is wat vir die onderneming werk jy nie aanspreeklikheidsversekering nodig het nie. Hierdie tipe dekking is noodsaaklik, maak nie saak hoe groot of klein jou onderneming is nie. Só kan ʼn direkte of indirekte nalatige aksie jou onderneming, wat nog skaars op die been gekom het, oornag kelder. Jou onderneming kan ook regsverdedigingkoste in die gesig staar as gevolg van regsaksie wat teen jou as sake-eienaar of enigeen van jou werknemers aanhangig gemaak word.

Jou waardevolste bate is dalk jyself

Dikwels vergeet ʼn besigheidseienaar om homself as ʼn bate te erken. Ja, jy is waarskynlik jou onderneming se waardevolste bate want wat sou die finansiële impak op die besigheid wees indien jy as sleutelpersoneellid sterf of permanent ongeskik raak? Dit is dus baie belangrik om ook ondersoek in te stel na sleutelpersoonversekering, wat ʼn tipe ongeskiktheid- of lewensversekering is wat die onderneming op sleutelpersoneellede kan uitneem. Met dié versekering kan die onderneming voortgaan of finansiële gemoedsrus vir personeel skep.

Onvoorsiene gebeure kan rampspoedig wees

Die basiese doel van enige versekering is om om gemoedsrus  te gee vir wanneer die noodlot tref. Onvoorsiene gebeure kan jou sakebedrywighede tot ʼn skielike stilstand dwing, wat weer die inkomstekraantjie dadelik kan laat droog loop. Dit kan veral vir ʼn klein onderneming moeilik wees om te herstel van groot onvoorsiene gebeure. Besigheidonderbrekingsversekering, ook bekend as die verlies-van-winste-dekking, sal ʼn onderneming dek in geval van verlies aan inkomste ná ʼn ramp.

Wees slim en sorg dat jou besigheidsversekering nommerpas is.

Miskien wil jy graag van beroep verander en mense help om finansieel meer  onafhanklik te raak. Solidariteit Beroepsgildes is ʼn gemeenskap wat jou nie net sterk maak in jou beroep nie, maar dit is ʼn gemeenskap waar jy tuis voel, saam werk en saam leer. Dit is ʼn gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, vir jongmense loopbaangeleenthede te skep, as waghond toesig te hou oor beroepe  en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Besoek gerus https://gildes.solidariteit.co.za/ vir meer inligting rakende jou beroepsgilde.

 

Bron  

https://www.virseker.co.za/dagboek/versekerings-wenke/slaggate-wat-n-kleinsakeonderneming-kan-sink/

 

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog