Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Covid-19-reisbeperkings word so stadigaan verslap en dié van ons wat reis vir werk, begin regmaak daarvoor.

Die meeste van ons is verlig om weer te begin werk, maar om te reis vir werk hou gevare in.

ʼn Medeprofessor in epidemiologie, Andrew Rundle, het die verband tussen sakereise en chroniesesiektetoestande ondersoek. Hy het ʼn sterk korrelasie gevind tussen die frekwensie van sakereise en ʼn wye reeks fisiese- en gedragsgesondheidsrisiko’s.

In vergelyking met diegene wat een tot ses nagte per maand op sakereise weg van die huis deurgebring het, het diegene wat 14 of meer nagte weg van die huis deurgebring het beduidend hoër liggaamsmassa-indekstellings gehad.

Die kanse op vetsugtigheid was 92% hoër in die geval van diegene wat 21 of meer nagte op reis was vergeleke met dié wat net een tot ses nagte per maand op reis was. Die ultrareisgroep het ook hoër diastoliese bloedduk en laer hoëdigtheidlipoproteïen (die goeie cholesterol) getoon.

Hierbenewens het ʼn Googleverbruikersopname in 2017 met meer as ʼn duisend respondente die volgende statistiek vir gereelde sakereisigers gevind:

  • 16% sê hulle gebruik meer alkohol op sakereise (vergeleke met wanneer hulle tuis is).
  • 44% sê hulle is baie meer geneig om ongesonde kos te eet as hulle reis as wanneer hulle tuis of in ʼn kantooropset is.
  • 54% sê hulle is minder geneig om tydens ʼn werkreis te oefen as wanneer hulle nie reis nie.

Gelukkig het reisigers meer beheer oor hulle gesondheid as wat hulle dink Luckily, travellers have more control over their health than they may think.

  1. Gesond eet kan maklik wees

ʼn Bietjie nadink kan baie doen vir gesond eet wanneer jy reis. Hier is ʼn paar wenke:

  • Dehidrasie kan sensasies veroorsaak wat soos honger voel. Teug deur die dag aan water. Mik daarna om 1,5–2 liter te drink.
  • Eet proteïen by elke maaltyd. Proteïen help jou om versadig te bly en fasiliteer volgehoue verstandkapasiteit.
  • Wees versigtig met wat jy in jou koffie gooi. ʼn Skoon capuccino sonder suiker is ʼn goeie keuse omdat dit ʼn bietjie opkikkerkafeïen en proteïen bevat. ʼn Karamelkoffie klink dalk lekker, maar kan ook ʼn beduidende kalorielading hê.
  • Hou altyd gesonde versnaperings byderhand om te keer dat ʼn hongeraanval jou na die muntoutomaat toe jaag.
  • Bespreek ʼn hotelkamer met ʼn klein kombuisie. Sodoende kan jy by ʼn kruidenierswinkel ʼn paar maklike bestanddele koop om ʼn voedsame ete aanmekaar te slaan. Versoek as ʼn alternatief dat die hotel ʼn klein yskassie in jou kamer sit om gesonde kos byderhand te hou.
  • Drink ʼn groot glas water na elke alkoholiese drankie en hou by een of twee drankies. Wie wil nou ʼn belangrike vergadering die volgende dag met ʼn polsende kopseer aandurf?
  1. Rig jouself in vir oefensukses

Dertig minute elke dag is al wat jy nodig het om gesond te bly. Om meer te doen, is ʼn bonus. Doen dit só:

  • Hotelgimnasiums is gewoonlik maar spartaans en ʼn bietjie vaal. As jy nie van die oefenfiets of trapmeul hou nie, koop reisvriendelike oefentoerusting soos weerstandbande, ʼn springtou of ʼn jogamat. Selfs eenvoudige oefeninge, soos maagkrulle, hurksitte en spronge kan jou metabolisme aan die gang hou en help om energie op te bou.
  • Gebruik tegnologie. Hou fiksheidstoepassings gereed. Daar is verskeie toepassings (en YouTube-kanale) met op-aanvraag-klasse deur ervare instrukteurs. Speel musiek en jy is gereed om met jou oefensessie in jou hotelkamer te begin.
  • As daar eenvoudig te min tyd is om te oefen, vind ʼn veilige plek en gaan stap gedurende die dag . Maak verskoning vir 30 minute tydens middagete, trek jou oefenklere aan en geniet die omgewing buite.

Onthou dat jy baie beheer het, sê Joey Daoud, HUB en hoofafrigter van New Territory Fitness. “Niemand kan jou enigiets maak doen nie. Dinees en agternapartytjies kan die sosiale druk om te voel dat jy moet ooreet of drink, verhoog. Jy kan onder druk voel om op die oomblik nie die beste besluit te neem nie. Dis aanvaarbaar om jou fisiese en geestelike gesondheid bo jou sosiale verwagtinge te stel.”

 

Bronne

Learn How To Become: https://www.learnhowtobecome.org/career-resource-center/healthy-business-travel/

Forbes: https://www.forbes.com/sites/danielreed/2017/12/07/business-travel-wearing-you-down-physically-or-emotionally-eat-better-drink-less-exercise-more/?sh=4a242cd248bd

Passport Health: https://www.passporthealthusa.com/employer-solutions/blog/how-to-stay-healthy-while-traveling-for-business/

Insider: https://www.businessinsider.com/14-ways-to-stay-healthy-if-youre-always-on-the-road-2019-4?IR=T#do-on-the-road-ab-exercises-to-fight-constipation-2

Harvard Business Review: https://hbr.org/2018/05/just-how-bad-is-business-travel-for-your-health-heres-the-data

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog