ONDERHOUDBESTUURDER – CENTURION Ouderdom tussen 28 & 40 Ons is op soek na ‘n betroubare onderhoudsbestuurder wat dadelik beskikbaar is om toesig te hou oor die installering, herstel en instandhouding van die onderneming se wooneiendomme, moet ook self die werk kan doen. Moet ‘n deeglike begrip hê van loodgieterswerk en elektriese stelsels sowel as timmerwerk en ander kunsvlyt. Moet goed vertroud wees met alle instandhoudingsprosesse en gesondheids- en veiligheidsregulasies. Moet fisies in staat wees om self herstelwerk en onderhoud te doen. Die ideale kandidaat sal ook bekwaam wees om administratiewe take soos verslagdoening, ens. Uit te voer.PLIGTE: 1. Doen inspeksies van die fasiliteite om probleme te identifiseer en op te los 2. Gaan elektriese en hidrouliese stelsels van geboue na om te verseker dat dit funksioneer 3. Beplan en hou toesig oor herstel- en installeringsaktiwiteite 4. Ken werklas toe en hou toesig oor 2 personeellede in u span 5. Monitor toerustingvoorraad en plaas bestellings waar nodig 6. Bestuur verhoudings met kliënte, kontrakteurs en diensverskaffers. 7. Hou onderhoudslogboeke en doen verslag oor daaglikse aktiwiteite 8. Sorg dat die beleid oor gesondheid en veiligheid nagekom word VEREISTES: 1. Bewese ervaring as onderhoudsbestuurder 2. Ondervinding in die beplanning van instandhoudingsbedrywighede 3. ‘n Deeglike begrip van tegniese aspekte van loodgieterswerk, timmerwerk, elektriese stelsels, ens. 4. Werkkennis van masjiene en toerusting vir fasiliteite 5. Die vermoë om rekord te hou van en verslag te doen oor daaglikse aktiwiteite 6. Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede 7. Uitstaande organisatoriese en leierskapvermoëns 8. Hoërskool diploma of gelykwaardig. 9. Geldige rybewys 10. Moet in Centurion woon Salaris R22000,00 pm, stuur CV aan admin@abconstr.co.za Maak asseblief seker dat u aan al die vereistes voldoen voor u, u CV aanstuur.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog