Hennopspark, Centurion: VOORRAAD BEHEERDER

Minimum Vereistes:

-Netjiese en professionele Afrikaans sprekende individu

-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale (Afr & Eng kliënte basis)

-Matriek / Graad 12

-2 tot 4 jaar volledige voorraad beheer ondervinding verpligtend, verkieslik in retail industrie

-Rekenaargeletterd in MS Office (Pastel verkies / voordelig)

-Hoë aandag vir detail en akkuraatheid

-In staat om met groot volumes te werk

-Goeie leierskap vaardigheid en teiken georiënteerd

-Uitstekende kommunikasie vaardigheid in beide Afrikaans en Engels

-Betroubaar en verantwoordelik

-Stabiele indiensnemingsrekord (Geen werkspringers, geen onnodige gapings in indiensnemingsrekord ens.)

-Kontakbare verwysings

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

Pligte:

-Volledige voorraad beheer take vir groothandelhaar verskaffer

-Verantwoordelik vir effektiewe administrasie van all prosesse en prosedures wat verwant hou met voorraad beheer funksie

-Ontvang en versending van voorraad

-Vaslegging van Goedere Ontvang bewyse

-Hantering van druk van etikette (voorraad / pryse)

-Regstelling van strepieskodes

-Hantering van terugstuur van beskadigde voorraad na verskaffers

-Voorraad beheer en voorraad aanpassing prosedures

Salaris: ± R 10 000.00 – R 15 000.00 bruto

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

– Verwysing CR2192; en

– U salarisverwagting binne die aangebiede bedrag

(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat u het van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog