Brooklyn, Pretoria: AKTE SEKRETARESSE

Minimum Vereistes:

-Netjiese en professionele dame

-Ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels

-Minimum 5 jaar onlangse werksondervinding by ‘n regsfirma, in die hantering van Standard Bank verbande en Transporte (insluitende Boedeloordragte)

-Ten volle onafhanklik funksioneerbaar (vanaf ontvangs van instruksie to finalisering)

-Rekenaargeletterd in Ghost Convey

-Stabiele indiensnemingsrekord

-Kontakbare verwysings

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

Pligte:

-Onafhanklike hantering en opstel van Standard Bank verbande en Transporte (insluitende Boedeloordragte) dokumentasie

-Skakeling met banke, kliënte, Akte Kantoor en ander regsfirmas

-Algemene aktes sekretariële take

Salaris: Onderhandelbaar afhangende van ondervinding

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

– Verwysing CR1896; en

– U salarisverwagting.

(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.

Hierdie is ‘n spesifieke regsberoep. Moenie aansoek doen indien u nie die relevante ondervinding het by ‘n regsfirma nie.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog