Monument Park, Pretoria: ONTVANGSDAME

Minimum Vereistes:

-Baie netjiese en professionele Afrikaans sprekende dame, tussen die ouerdom van 23 en 45 jaar (Baie netjiese voorkoms baie belangrik)

-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale (Afr & Eng kliënte basis)

-Matriek / Graad 12

-Minimum 1 jaar onlangse ondervinding in ‘n professionele / korporatiewe werksomgewing, in ‘n ontvang / administrasie posisie wat kliënte skakeling behels

-Self vertroud, kstrovert met professionele klerestyl baie belangrik

-In staat om inisiatief te neem in ‘n werkomgewing met hoë druk

-Positief, intelligent met goeie aandag aan detail

-Vriendelik, energiek en moet dit geniet om met mense te werk

-Geduldig, oplettend en in staat om ontevrede of onredelike pasiënte te hanteer

-Sterk kommunikasievaardighede en telefoonetiket

-Betroubare vervoer na werk (verkieslik eie voertuig)

-Nie roker

-Rekenaarvaardig in MS Office

-Stabiele indiensnemingsrekord (Geen werkspringers, geen onnodige gapings in indiensnemingsrekord ens.)

-Kontakbare verwysings

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

Werksure:

Maandae to Vrydae vanaf 9vm – 5nm, en elke 2 tot 3 Saterdae per maand vanaf 9vm – 12nm.

Pligte:

-Volledige ontvangspligte vir optometriste

-Beantwoording van telefone, help pasiënte en kliënte skakeling

-Bestuur en hantering van gekanselleerde afsprake, bevestiging van afsprake ens.

-Ontvang pasiënte en bevestig besonderhede en inligting

-Kontak mediese fondse om mediese fonds-voordele vir pasiënte te bevestig

-Ontvangs van betalings

-Help pasiënte met bril en kontaklense, neem bestellings vir kontaklense, ontvang koerieraflewerings, ens.

-Help met maandelikse voorraadopname

-Algemene administrasie

Salaris: R 8 000.00 bruto (nie onderhandelbaar nie)

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

– Verwysing CR1870; en

– Jou salarisverwagting binne die aangebiede bedrag

(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE VAN NIE ALLE VEREISTES VOLDOEN NIE SAL GESKRAP WORD.

https://www.facebook.com/coraoneilrecruitment

 

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog