Pretoria: INTERNE VERKOOPSKONSULTANT (Matras Winkel)

(Posisies beskikbaar in Centurion, Pretoria Oos en Pretoria Wes)

Minimum Vereistes:

-Onlangse interne verkope ondervinding verpligtend, verkieslik in ‘n matras of meubel winkel (nie as ‘n kassier nie)

-Goeie kommunikasie vaardigheid

-Betroubaar en verantwoordelik

-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

-Moet woonagtig wees in Pretoria

Pligte:

-Interne verkope van matrasse en meubels

-Kliënte skakeling

Salaris: R 6 000.00 – R 10 000.00 bruto (onderhandelbaar afhangende van ondervinding) + kommissie

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

1) Verwysing CR1984; en

2) Area van posisie verkies (Centurion, Pta Wes of Pta Oos); en

3) Jou salarisverwagting binne die aangebiede bedrag

(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog