ENGEL & VÖLKERS PRETORIA BREI UIT EN HET ‘N VAKATURE VIR ‘N INTERN SPAN ASSISTENT

Is jy op soek na nuwe uitdagings en ‘n belowende loopbaanperspektief? As Persoonlike Assistent by Engel & Völkers kan jy hierdie vaardighede gebruik om ‘n suksesvolle loopbaan op te bou. As georganiseerde , dinamiese persoonlike assistent kan jy ‘n positiewe bydrae lewer en trek jy voordeel uit ons groeiende wêreldwye netwerk met sterk bande met eksklusiewe kliënte en ooreenstemmende eiendomme.

Wat bied E&V
Ons bied u ‘n interessante, diverse rol by ‘n internasionaal bekende maatskappy met ‘n dinamiese leierskap
Ons handelsnaamkrag en ons wêreldwye netwerk bied moontlike groei geleenthede.
As Intern Assistent bied ons ‘n mark verwante salaris asook ‘n diskresionêre jaarlikse bonus en groei geleenthede

Wat verwag ons
Ondersteuningsdiens van telefoonskakelbord, ontvangs van besoekers, algemene administratiewe take
Ondersteuning van die agente in die kantoor.
Bystand van alle eiendomsverwante aktiwiteite, verteenwoordiging op die telefoon.

Jou profiel
Ervare jong assistent
U het selfvertroue, deursettingsvermoë en goeie interpersoonlike kommunikasie kundigheid.
U handhaaf ‘n hoë mate van inisiatief en buigsaamheid
U is hoogs georganiseerd en ervare in die gebruik van tegnologie en sosiale media.
U het die nodige relevante na skool kwalifikasies en is vlot in Afrikaans en Engels
U het eie vervoer en selfoon.

Beskryf dit jou?
Kom dan aan boord vir uitstekende geleenthede as deel van ‘n suksesvol geposisioneerde premium handelsmerk.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog