Telesure bied ʼn geleentheid vir drie persone aan om ʼn internskap van 12 maande by sy kantoor in Cresta, Johannesburg te voltooi.

Let wel dat hierdie internskap fokus op Verkope, en alle opleiding word verskaf.

 

Vereistes: Matriek en eie Vervoer

Salaris: R9 000 per maand

Plek: Cresta, Johannesburg

Tydperk: 12 maande

Aanvangsdatum: 1 September 2022

 

Opleiding

Die suksesvolle kandidate sal omvattende opleiding tydens die voltydse internskap van 12 maande ontvang. Dit sluit in opleiding in versekeringstelsels en produkopleiding wat by enige versekeraar toepaslik is. Vyf regulatoriese eksamens sal gedurende die opleidingstydperk afgelê word wat kandidate in staat sal stel om by enige versekeraar aansoek te doen vir werk.

Na afloop van die internskap sal Telesure die eerste opsie hê om ʼn aanbod aan die interns te maak.

Suksesvolle kandidate moet bereid wees om op 1 September 2022 by Telesure se kantoor in Cresta te begin werk.

Aansoeke vir hierdie internskappe sluit op 18 Augustus 2022.

CV’s kan ook gestuur word na loopbaan@solidariteit.co.za

Tagged as: internskap, telesure, versekering

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog