NUWE BESIGHEID VERKOOPSVERTEENWOORDIGER: DRUKKERSWESE

Silvertondale, Pretoria

 

Gevestigde drukkery is op soek na ‘n verkope jagter met ‘n bewese rekord van nuwe besigheidswerwing en verkoopsteikens behaal. Bewys van verkope en teikens in die vorm van kommissiestate of betaalstrokies word vereis.

 

Kernfunksie

Om die maatskappy se reeks gedrukte produkte aan nuwe kliënte te verkoop, veral in die klein- en medium besigheidsmark.

 

Voorvereistes

·         Bewese rekord van nuwe besigheid wat gewerf is en verkoopsteikens wat behaal is

·         Gemotiveerd, mededingend en toegewyd

·         Akkuraat en detail-georienteerd

·         Uitstekende interpersoonlike kommunikasievaardighede

·         Vlot in Engels en Afrikaans (Afrikataal sal tot jou voordeel geld)

·         Entoesiasties met ‘n bereidwilligheid om te leer

·         Geldige rybewys met eie voertuig

·         Kennis van die drukkersbedryf sal voordelig wees

 

Salaris

Onderhandelbaar: Basiese plus kommissie met petrol-, selfoon- en motortoelaag (gebaseer op persoonlike verkoopteiken)

 

Stuur CV na: hr@label-litho.co.za

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog