Meintjes, Vermooten & Vennote (MVV) Geoktrooieerde Rekenmeersters en Ouditeure, is in 1948 gestig en is geleë in die Ooste van Pretoria.

MVV het poste beskikbaar vir kandidate wat hul met SAIPA of SAICA klerkskap in 2022 wil begin.

Ons is opsoek na gedrewe, netjiese individue, met ‘n passie vir rekeningkunde, ouditkunde en belasting. Kandidate wat reeds ‘n B.Com Rekeningkunde graad of STR het sal voorkeur geniet, maar die wat besig is met hul studies tot ‘n B.Com Rekeningkunde graad, sal in oorweging
geneem word.

  • Tweetaligheid is noodsaaklik – die firma het beide Afrikaanse en Engelse kliënte;
  • Die vermoë om effektief as deel van ‘n span te werk, is net so belangrik soos om onafhanklik te kan werk;
  • Goeie interpersoonlike vaardighede is baie belangrik – anders as wat baie reken, werk rekenmeesters meer met mense as syfers;
  • Jou eie motor en ‘n bestuurderslisensie is voordelig.

Ervaring wat jy sal opdoen tydens jou klerkskap sluit onderandere in:

  • Opstel van finansiëlestate
  • Onafhanklike oorsigte (Review)
  • Oudits
  • Inkomste belasting (Vir individue en regspersone)
  • Maandelikse rekeningkundige werk soos Pastel verwerking van bankstate, BTW berekeninge en salarisse

Volg gerus hierdie skakel na ‘n brosjure met meer besonderhede:

https://drive.google.com/drive/folders/1DSemUMPka4JoxIKma0FQY0_rDPtRsn2D?usp=sharing

Ons sien uit om jou te ontmoet!

Tagged as: articles, klerk, klerkskap, leerlingrekenmeester, pretoria, rekenmeester, saica, saipa, trainee accountant

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog