Orffer & Van der Merwe Menslike Hulpbron Praktisyn

Hierdie gevestigde  en welbekende gastehuis in Upington bied die geleentheid vir ʼn dinamiese, energieke persoon met goeie organiseringsvaardighede om aan te sluit by hulle span as:

 

Gastehuisbetuurder

Upington

 

Vereistes:

–        Matriek met vorige bestuursondervinding in gastehuis/hotel omgewing

–        Goeie rekenaarvaardighede in MS Office en MS Teams

–        Vlotheid in Afrikaans en Engels

–        Geldige rybewys

–        Moet bereid wees om naweke en skofte te werk indien benodig word.

 

Hoofverantwoordelikhede sluit in:

–        Algemene bestuur en administratiewe pligte

–        Hantering van besprekings, kwotasies asook in- en uitboek van gaste

–        Voorraadbestellings en -kontrole

–        Opstel van skoonmaak en instandhoudingskedules en uitvoer van kwaliteitsbeheer

–        Beheer oor herstelwerk en instandhouding

–        Hantering van alle kliënte- en personeelnavrae.

 

In ruil word ‘n onderhandelbare salaris ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding aangebied.

Om aansoek te doen, rig u CV met verwysing JHG voor 21 Januarie 2022 aan recruitment@ovdm.co.za

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog