Ons kliënt, ‘n suksesvolle Veeboerdery in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n ervare en energieke Plaasbestuurder om die Boerdery onafhanklik, volhoubaar, koste-effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 10 jaar eerstehandse ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Bees- en Skaapkudde (Ekstensief en Intensief), ‘n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming en akkurate uitvoering daarvan om sodoende suksesvolle eienaarskap te neem met die vermoë om suksesvol te delegeer, koördineer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou kennis van KI, dragtigheidsondersoeke, wolklas, rekenaarvaardigheid, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in ‘n span te funksioneer en ‘n uitsonderlike eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Boerdery in oorleg met die eienaar
    Algehele Kuddebestuur (Bees en Skaap)

    • Kuddegesondheid
      • Voorkomende bestuur
      • Identifisering
      • Biosekuriteit
      • Behandeling
    • Weidingsbestuur
      • Beplanning
      • Drukbeweiding
      • Watervoorsiening
    • Voeding
      • Lekke
      • Kruipvoer
      • “Backgrounding”
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle en Ramme
      • Seleksie van Bulle en Ramme
      • Dekgroepe en Vervangingsverse en -ooie
      • Dragtigheidsondersoeke
      • Akkurate geboorte-aantekeninge
    • Kalwers en Lammers
      • Brandmerk / Merk
      • Onthoring / Sterte afsit
      • Weeg
      • Selekteer
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algehele instandhouding en netheid van die Plaas
  • Administrasie en Rekordhouding
  • Voorraadbestuur en -beheer
  • Verslagdoening
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos wat van tyd tot tyd verlang word deur die Eienaar

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2022

Aansoek sluit: 30 Junie 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Tagged as: plaasbestuurder, plaaswerk

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog