Ons gewaardeerde kliënt, ‘n Boerdery 45km noord van Graaff-Reinet in die Oos-Kaap, is opsoek na ‘n ervare Plaasbestuurder om die Boerdery op twee aangrensende Plase onafhanklik, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat het 5 – 10 jaar eerstehandse ondervinding in alle aspekte van ‘n Bees- en Bokboerdery, werkende kennis in die verbouing van Lusern (droëland en onder besproeiing) en beskik oor ‘n eienaarskapmentaliteit met die vermoë om akkurate besluite onafhanklik te neem.

Bogenoemde gekoppel met jou bewese bestuurservaring van boerderyaktiwiteite, algemene instandhouding en effektiewe arbeidsbenutting, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

Onafhanklike operasionele bestuur van die Boerdery

  • Algehele Kuddebestuur (Bees en Bok)
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Biosekuriteit
    • Produksiebestuur
  • Lusern
    • Plant, Sny, Baal, Stoor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding en netheid van die Plaas
  • Rekordhouding, Algehele Administrasie en Rapportering
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Julie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, potensiële toekomstige winsdeling, gratis behuising (twee slaapkamer huis) en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Tagged as: plaasbestuurder, plaaswerk

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog