Ons gewaardeerde kliënt, AL3 Boerdery, is opsoek na ‘n Algemene Instandhoudingsbeampte vir ‘n Plaas in die Kimberley distrik in die Noordkaap, en nooi ons individue met ‘n sterk meganiese- (Diesel) so wel as ketelmaker- (boiler making) en/of elektriese agtergrond om aansoek te doen.
Die ideale kandidaat is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met ‘n positiewe uitkyk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Herstel en diens van plaaswerktuie en -toerusting
- Voorkomende- en algehele onderhoud
- Meganiese en Elektriese herstel
- Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
- Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
- Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 6 Julie 2022
Mededingende salaris word aangebied vir die ideale kandidaat.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar