Ons bestaande kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Polokwane distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke Junior Veebestuurder om die Bees- en Skaapkudde van die Boerdery te bestuur, en nooi ons individue met dryf en ‘n eienaarskapmentalitiet om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 tot 5 jaar ondervinding in alle aspekte van Skaap- en Beesboerdery, kennis van KI, liefde vir diere en is iemand wat opsoek is na ‘n langtermyn loopbaan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, goeie kommunkasie- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte

  • Algehele Kuddebestuur
  • Dieregesondheid
  • Weidingsbestuur
  • Reproduksiebestuur
  • KI
  • Rekordhouding
  • Algemene instandhouding en herstel
  • Administrasie

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2021

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf op die plaas (1 slaapkamer woonstel), gratis water en ligte en n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog