n Vooruitstrewende Boerdery in die Elliot/Aliwal-Noord distrik in die Oos Kaap is opsoek na n Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery,  en nooi ons ervare individue met n Landbou Kwalifikasie en 5 – 10 jaar se ervaring om aansoek te doen vir hierdie uitdagende posisie.

Die ideale kandidaat het in-diepte ondervinding van algemene bestuursbeginsels, goeie menseverhoudings, bo-gemiddelde kommunikasievermoë en goeie leierseienskappe.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eerstehandse kennis van die hele produksiesiklus van mielies, soja, en koring (droëland en onder besproeiing), Beesboerdery, Voerkraalbestuur, effektiewe bestuur van n produksiebegroting en jou eienaarskap mentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir:

  • Koste effektiewe bestuur van die Boerdery onder sy/haar beheer
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Bydra tot die sukses van die groep

Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasiebonus, gratis behuising en n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding teen 1 Augustus 2021

Aansoeke slegs deur die skakel

Tagged as: plaasbestuurdrer

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog