Sol-Tech Diesel-afdeling: Stoorman

Sol-Tech is ʼn Afrikaanse beroepsopleidingskollege en het tans ʼn vakante pos, Stoorman: Diesel-afdeling, beskikbaar. Die pos is vanaf Januarie 2021 beskikbaar en sal in Monumentpark wees.

Vir hierdie pos benodig jy matriek met ʼn minimum van drie jaar ondervinding in ʼn dieselverwante werkomgewing. Eie vervoer met ʼn geldige rybewys is noodsaaklik. ’n Ambagkwalifikasie (rooi seël) as dieselwerktuigkundige, ondervinding in voorraadbeheer en kode 14-bestuurslisensie sal tot die kandidaat se voordeel strek.

Die volgende vaardighede geld as voorvereistes: noukeurigheid; goeie verbale kommunikasievaardighede; vermoë om onder druk te kan funksioneer; goeie beplannings- en organiseringvaardighede; sterk administratiewe vaardighede, die vermoë om in ʼn span te werk en om met jongmense te werk.

Indien jy aan die profiel voldoen, Klik hier om aansoek te doen. Indien die skakel nie werk nie, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 01 November 2020 aan mhb@sol-tech.co.za

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog