Die pos is in Southdown Ridge Office Park, Centurion, gebaseer. Solidariteit Helpende Hand het tans ʼn voltydse posisie vir ‘n Administrasie Beampte in Kommunikasie Projekte beskikbaar.

Om vir hierdie pos te kwalifiseer moet die kandidaat oor ʼn toepaslike kwalifikasie in administrasie beskik, en ten minste twee jaar ervaring in ʼn administratiewe rol. Kennis en ervaring in projekte sal in u guns tel.

Die pos behels onder meer die: • organisering en liassering van inligting; • kontrakte opstel vir ondertekening; • projek beplanning; • hulp met organisering van veldtogte en funksies; • hantering van algemene navrae; • skakeling en verwysings van potensiële skenkers asook die koördinering en skakeling met interne rolspelers.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel strek, is: uitstekende taal- en
kommunikasievaardighede, hoofsaaklik in Afrikaans; uitstekende administratiewe vaardighede; vriendelike en professionele hantering van telefoniese en persoonlike kliënte; goeie interpersoonlike verhoudinge en aanbiedingsvaardighede; uitstekende rekenaarvaardighede en die vermoë om onafhanklik en in ’n span te kan werk.

Tagged as: projekte

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog