Solidariteit Helpende Hand is op soek na ʼn maatskaplike werker vir die Mpumalanga- en KwaZulu Natal-Noord-streek. Minimumvereistes sluit in:
• ’n graad of diploma in maatskaplike werk;
• registrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe;
• ’n geldige rybewys en betroubare voertuig;
• bereidwilligheid om te reis;
• kennis en vaardigheid met betrekking tot gemeenskapsontwikkeling en geïntegreerde dienslewering in ʼn maatskaplike konteks;
• kennis en vaardigheid met betrekking tot statutêre prosedures; en
• die vermoë om binne spanverband te kan werk.
Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, is:
• uitstekende taal- en kommunikasievaardighede, hoofsaaklik in Afrikaans;
• goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede;
• ’n liefde en aanvoeling vir maatskaplike kwessies;
• goeie navorsingsvaardighede;
• die skryf van verslae en voorleggings; en
• die vermoë om onafhanklik te kan werk.
Die pos behels onder meer die ontwikkeling en fasilitering van gemeenskapsontwikkelingprogramme en -projekte; besoek aan en ondersteuning van die onderskeie takke; opleiding; skakeling met ander maatskaplike organisasies en netwerkvennote; die skryf van verslae; en navorsing oor verskeie maatskaplike kwessies wat verband hou met Helpende Hand se fokus. Die geskikte kandidaat moet in Mpumalanga woonagtig wees.

Tagged as: maatskaplike werker

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog