Solidariteit Helpende Hand is op soek na ‘n streeksorganiseerder vir die Sentraal area, wat verkieslik in Centurion woonagtig moet wees. Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ʼn toepaslike tersiêre kwalifikasie (B-graad) of nagraadse kwalifikasie met ervaring in projekbestuur.

 

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek is ervaring in projekbestuur, die bou en handhawing van verhoudingsnetwerke, ervaring in gemeenskapsontwikkeling, kennis en ervaring van begrotings, personeel, administrasie en beplanning en kennis van die toepaslike sosiale en maatskaplike regulatoriese omgewing.

 

Die streeksorganiseerder is verantwoordelik vir bewusmaking oor, en die uitbou van Solidariteit Helpende Hand se werksaamhede in die streek deur openbare optredes en fondsinsamelings-geleenthede; mediaskakeling; die stig van takke en bestuur van vrywilligers; skep van studiefondse; projekkoördinering en ledewerwing. Die kandidaat moet verder ook bereid wees om gereeld te reis en daarom is ʼn geldige rybewys en eie voertuig noodsaaklik, asook ‘n sterk ondersteuningsbasis vir ‘n persoon met ‘n gesin.

Tagged as: organiseerder

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog