Solidariteit Helpende Hand is op soek na ʼn maatskaplike werker wat verkieslik in die Wes-Rand of  Vaaldriehoek area woonagtig is. Minimumvereistes sluit in: • ’n graad of diploma in Maatskaplike Werk; • registrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe; • ’n geldige rybewys en betroubare voertuig • bereidwilligheid om te reis •kennis en vaardigheid met betrekking tot gemeenskapsontwikkeling in ‘n maatskaplike konteks en geïntegreerde dienslewering; • kennis en vaardigheid met betrekking tot statutêre prosedures; • die vermoë om binne spanverband te werk.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek is: • uitstekende taal- en kommunikasievaardighede, hoofsaaklik in Afrikaans; • goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede; • ’n liefde en aanvoeling vir maatskaplike kwessies; • navorsing, skryf van verslae en voorleggings, •die vermoë om onafhanklik te kan werk.

Die pos behels onder meer die ontwikkeling en fasilitering van gemeenskapsontwikkeling projekte; besoek aan en ondersteuning van die onderskeie takke, opleiding, skakeling met ander maatskaplike organisasies en netwerkvernote, die skryf van verslae asook navorsing oor verskeie maatskaplike kwessies binne Helpende Hand se fokus

Tagged as: maatskaplike werker

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog