Die pos is in Kloofsig by Solidariteit se hoofkantoor gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n Nasionale Senior Sertifikaat, ’n sekretariële diploma of ’n soortgelyke NQF-kwalifikasie en 1 tot 2 jaar ondervinding as ’n administratiewe beampte, dataverwerker of enige ander administratiewe ondervinding.

Uitstekende interpersoonlike, kommunikasie-, administratiewe, tik- en rekenaarvaardighede – veral in MS Excel, Word en Outlook – is noodsaaklik. Kennis van die vakbondwese sal tot jou voordeel strek.

Pligte sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot dataprosessering, die hantering van algemene navrae en opdaterings op stelsels, invordering van rekonsiliasies, skakeling met maatskappye en lede, verslagdoening en algemene administrasie.

Indien jy in dié profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 30 Oktober 2020 per e-pos aan Sumari Maartens by betrekkings@solidariteit.co.za

_________________________________________________

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog