Ons kliënt, gebaseer in Pretoria, het tans ‘n loopbaangeleentheid beskikbaar vir ‘n Mediaskakelbeampte.

Jou prestasie sal gemeet word aan jou vermoë om:

  1. Tydig professionele persverklarings op te stel en uit te reik,
  2. Professionele skakeling met joernaliste of media te bewerkstellig en om ‘n sterk netwerk in die media te bou en te vestig,
  3. Mediagebeure te monitor en interne veldtogte daaraan te koppel,
  4. Veldtogboodskappe uit navorsing of peilings te ontwikkel, en
  5. Uitstekende publisiteit en teenwoordigheid in die media te bewerkstellig

Wat jy benodig?

‘n Tersiëre kwalifikasie in kommunikasie en/of joernalistiek met goeie ondervinding in mediaskakeling.

Hoe doen jy aansoek?

Sou jy aan die vereistes en prestasiestandaarde voldoen, stuur jou opgedateerde CV na charlkeyser@stutzenconsulting.co.za

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog