SWU Credit Solutions (Pty) Ltd is ‘n gevestigde maatskappy in die Finansiële Industrie met ‘n vakature by ons Hoofkantoor in Centurion. Ons is op soek na ‘n kandidaat wat selfgemotiveerd is, inisiatief toon, vasbeslote is om doelwitte en doelstellings te bereik, resultate kan lewer en die nodige boekhouding ervaring het.

Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Matriek (Graad 12) of gelykstaande kwalifikasie
  • Relevante Graad/Sertifikaat/Diploma in Finansies of Boekhouding sal voordelig wees
  • MINIMUM van 2 jaar werkservaring in soortgelyke pos
  • Rekenaarvaardig en  Sage Pastel sagteware ondervinding
  • Vorige ervaring in die mikro-lenings omgewing sal voordelig wees

 

Opsomming van Junior Boekhouer rol:

  • Boekhouding van maatskappye se transaksies en nodige brondokumente
  • Rekonsiliasie van finansiële state en joernale
  • Uitbetaling van toegestaande lenings aan kliënte
  • Prosessering van nodige betalings aan verskaffers
  • Interne oorplasings en fonds-opvraging

 

Die vergoeding is mark-verwant wat ‘n basiese salaris, sowel as mediese fonds en groepskema voordele insluit.

Gebruik asseblief die volgende verwysing in die aansoek: FIN04/2021

LW – Kortlys kandidate sal moontlik onderhewig wees aan Kwailifikasie, Krediet en Kriminele verifikasies.

Oorsig van pos

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog