Volgens Artikels

Deur Anja van den Berg

Van simbole tot multi-gefasetteerde frases en alliterasie, voorsien breinskandering intieme detail aan wetenskaplikes oor hoe presies ons psiges op taal reageer.

Nou dui nuwe navorsing aan dat jy op ʼn manier kan skryf wat jou lesers se vernaamste leerbehoeftes beloon deur genotchemikalieë in die brein af te skei.

Of jy nou vinnige e-posse aan kollegas of ʼn lywige verslag vir die bestuur skryf, hier volg drie taktieke wat jou sal help om jou boodskap oor te dra:

  1. Eenvoud is die geheim.

Hoe meer kompleks jy mag probeer skryf, hoe minder intelligent sal jou gehoor jou dalk ervaar!

Die wetenskaplike Daniel Oppenheimer aan Princeton Universiteit het ondersoek hoe lesers  kompleksiteit beskou. Hy het 71 studente van Stanford Universiteit gevra om twee geskrewe passasies te assesseer. Die een het uit eenvoudige woorde bestaan, terwyl die ander geskrewe stuk kompleks was. Die studente het deurgaans gemeld dat hulle die skrywer van die kompleks passasie as minder intelligent beskou het.

Daarbenewens toon studies dat dit letterlik die moeite werd is om jou skrywe eenvoudig te hou.

Navorsers het ʼn rekenaar gebruik om die leesbaarheid van aandeelhouersverslae afkomstig van geslote-einde beleggingsmaatskappy te beoordeel. Hulle bevinding onthul dat maatskappye wat verslae uitreik wat moeilik lees, dit teen 2.5%  afslag aan mededingers verhandel het.

  1. Wek die sintuie op.

Konkrete detail wek neurons op wat reuk, sig, klank en beweging prosesseer, sê Bill Birchard, sakeskrywer en skryf-afrigter. “Jou brein, wil dit blyk, soek volbloed stimuli – en dan verskaf dit ʼn interne multimedia vertoning.

“Wetenskaplikes dui aan dat wanneer mense in MRI-skandeerders woorde soos knoffel, kaneel en jasmyn lees, hulle olfaktoriese netwerk geaktiveer word. Dieselfde gebeur met sig, klank en beweging.”Birchard adviseer dat jy moet skryf “asof jy dit vir lesers se interne bioskoop skep”.

  1. Maak dit emotief.

Ons brein prosesseer emosies baie vinniger as gedagtes. Geprogrammeerde, refleksiewe reaksies en motiverings vergesel ook elke emosie. Vrees, byvoorbeeld, veroorsaak ʼn droë mond en die drang om te vlug of veg, wat ons jagter-voorvaders bewapen het wat voor brande moes vlug en vyande moes beveg.

Birchard sê jou woorde wakker jou lesers se emosies aan, wat vorm gee aan dit wat hulle verstaan. Emosie en taal voorsien saam betekenis. Hoe skaarser emosie, hoe stadiger sal lesers begryp.

Geur jou skryf met jou unieke stem, karakter en ervaring. Self-openbaring – gemeet en gepas – skep ʼn sosiale verbintenis met lesers. Hou dit ook storie-gedrewe.

“Evolusionêr, word geglo stories het gedien as ʼn vername middel om lesse oor te dra,” sê Birchard. “Ons is gedraad om te vra: ‘Wat het sy volgende gedoen?’ en ‘Wat het gebeur?’”. Voldoen dus aan jou lesers se behoeftes om narratiewe te hoor en om vrae op te los.

 

Bron:

Harvard Business Review: https://hbr.org/2020/11/write-to-reward-your-reader

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog