Bied vir ʼn student die geleentheid aan om sekerheid oor hulle toekoms te kry deur realistiese werkservaring op te doen in ʼn industrie waarin hulle nadat hulle afstudeer het, wil werk. Dit is vir ons belangrik dat studente ʼn realistiese werksomgewing beleef. 

Die studente wat belangstel om deel van #StudenteWerk te wees moet hulle CV’s instuur en op Werknet se webblad aansoek doen. Jy as werkgewer keur self die kandidate volgens jou kapasiteit. 

Maak seker dat hierdie geleentheid vir jóú werk. Kies self die tydperk (van 13 tot 24 Junie), en die aantal studente wat by jou kan kom werk. Jy hanteer self die keuringsproses van die studente. Akademia-studente wat kwalifiseer vir die werk hoef nie betaling te ontvang nie.

#StudenteWerk B&V
Checkboxes

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog

Bepalings en voorwaardes: skaduweek vir Akademia-studente
  1. Hierdie geleentheid word eksklusief aan Akademia-studente vir ʼn week (of langer) in die tydperk van 13 – 24 Junie 2022 gebied.
  2. Ondernemings kan self besluit hoeveel studente hulle kan inneem.
  3. Ondernemings kan self besluit of die student skaduwerk vir een week of twee weke kan doen, en of die twee weke tussen twee verskillende studente opgedeel kan word.
  4. Geen salaris of fooi is vir hierdie skaduwerk aan die student betaalbaar nie.
  5. Die student moet skaduwerk vir ʼn minimum van een week by die onderneming doen.
  6. Die skaduwerk moet beroepspesifiek vir die student se studierigting wees sodat die student die ideale beroepservaring kan opdoen.
  7. Ondernemings mag versoek word om na afloop van die geleentheid ʼn evaluasievorm te voltooi, of om ʼn verwysingsbrief aan die student te verskaf.
 
Klik hier vir die volledige bepalings en voorwaardes.