Volgens Artikels

AfriForum is op soek na ʼn persoon wat ʼn projek ter bevordering van die gebruik van Afrikaans in besighede kan bestuur.

Die projek behels skakeling met Afrikaanse besighede, die ontwikkeling van ʼn internetgids van sodanige besighede, die bekendstelling daarvan aan AfriForum se lede en lede van die Solidariteit Beweging en bewusmaking onder besigheidslui oor die belang van Afrikaanse dienslewering. Die suksesvolle kandidaat moet die databasis van betrokkenes deurlopend bywerk.

Tesame met die voorgeskrewe verantwoordelikhede sal daar ook van die kandidaat verwag word om sommige taalklagtes te ondersoek en waar moontlik op te los.

Om te kwalifiseer, word ʼn toepaslike tersiêre kwalifikasie met ervaring in administratiewe bestuur en kennis op die terrein van taal en die sakewêreld benodig.  Die kandidaat moet ʼn geldige rybewys en ʼn voertuig hê en goeie menseverhoudinge handhaaf.  Kennis op die terrein van kliëntedienslewering en bemarking sal ook ʼn aanbeveling wees.

Indien jy in die profiel inpas, stuur asseblief jou CV voor of op 23 Januarie 2015  aan Alana Bailey by alana@afriforum.co.za.
Indien jy nie terugvoer ontvang binne 2 weke na die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar jou aansoek was onsuksesvol.

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog