Deur Anja van den Berg

Om met ʼn nuwe werk te begin of ʼn nuwe baas te kry, kan  sowel senutergend as opwindend wees. Jy wil ʼn verhouding met jou nuwe baas vestig, maar waar begin mens? Tomas Chamorro-Premuzic, die outeur van Why Do So Many Incompetent Men Become Leaders? (And How To Fix It), sê die antwoord is om die regte vrae te vra.

Navorsing toon dat mense dikwels gunstig beoordeel word as hulle belangstelling in hul menings toon. Die regte vrae kan jou help floreer in jou nuwe pos en duursame verhoudings bou. Die proses van vra en leer sal jou help om vertroue, empatie en onderlinge belangstelling te ontwikkel. Hier is wat jy moet vra:

  1. Wat is jou verwagtinge van my as ʼn werknemer in hierdie pos?

Om ʼn doel te bereik, is duidelike voornemens nodig. ʼn Begrip van spesifieke verwagtinge verwyder dubbelsinnigheid in die verhouding tussen bestuurder en werknemer en omskryf jou rol duidelik.

  1. Wat is jou persoonlike definisie van sukses?

Die antwoord kan jou help om sy of haar leierskapstyl en persoonlike filosofieë te verstaan.

  1. As daar ʼn instroming van kontant na die maatskappy is, hoe sal jy dit bestee?

Hierdie vraag sê vir jou waaraan jou bestuurder die meeste waarde heg.

  1. Met wie buite ons span moet ek kontak hê?

Die antwoord sal vir jou ʼn blik gee op die onuitgesproke of informele netwerke wat die sosiale dinamika van jou nuwe span of organisasie beheer.

  1. Hoe kan ons ʼn ideale werkvloei skep?

Sommige bestuurders verkies dalk konstante oorlegpleging, terwyl ander meer vryheid toelaat en buigsaam is.

  1. Hoe verkies jy om te kommunikeer?

In die nuwe wêreld van werk is hibried die nuwe normaal. Dit is noodsaaklik om buigsaam te wees oor hoe jy die beste met jou bestuurder kan kommunikeer, veral as jy hom of haar nog nooit persoonlik ontmoet het nie. Vestig ʼn kadens vir gereelde terugvoer.

  1. Watter boeke, blogs, outeurs of media kan jy aanbeveel?

Die vraag sal jou help om insig te kry in jou bestuurder se bron van inspirasie en inligting. Hierdie media sal jou help om betekenisvolle gesprekke oor onderwerpe wat vir jou betuurder van belang is te begin en vol te hou.

  1. Wat sou jy doen as jy in my skoene gestaan het?

Hierdie vraag sal nie net jou bestuurder met jou laat empatiseer nie – hulle toelaat om dinge vanuit jou perspektief te sien nie – dit sal ook vir hulle wys dat jy hulle respekteer en hul kundigheid waardeer.

 

Bronne

Harvard Business Review: https://hbr.org/2021/10/7-questions-to-ask-your-new-boss

Indeed.com: https://www.indeed.com/career-advice/career-development/questions-to-ask-a-manager

Teken aan

Registreer

Wagwoord vergeet

Kitssoektog